01 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 01-07-2026 só ingevul:
Hulle het vir die hoof 'n ........ gegee om hom te bedank.
afskeid geskenk afskeids geskenk afskeidgeskenk afskeidsgeskenk
By samestellings wat 'n verpligte verbindingsklank neem, is dit 'n fout indien 'n verbindingsklank nie tussen die komponente van die samestellings geskryf word nie.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
Martijn is so 'n ........ ; hy kom nie eens agter hy het hulp nodig nie.
egoeïs egoeis egoïs egois
Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken. Dit geld egter nie wanneer ’n “a” of ’n “o” voorafgegaan word deur ’n “a”, “o”, “e”, “u” of “i” nie, byvoorbeeld “chaos”, “geolie” en “aktuaris”. Dit geld ook nie vir samestellings nie, byvoorbeeld “studie-eenheid” en “toe-eien”.
Sien ook die bladsy Deelteken.
Ons wag in ........ vir nuus oor die vliegramp.
opwinding spanning vervoering angs
Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “in spanning wag”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)