Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 01-07-2026 (vlak 1)



vorige toets 01 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 01-07-2026 só ingevul:



Die tandarts het Kobus ........ omdat hy nie sy rekening betaal nie.

aan gemaan
100 %aangemaan 
geaanmaan
geäanmaan

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Die eerste ........ van die projek behoort binnekort voltooi te wees.

98 % (afgerond)fase 
1 % (afgerond)faase
1 % (afgerond)vase
vaase

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Ek wil nog 'n laaste ........ op die lughawe gaan koop.
98 % (afgerond)aandenking 
2 % (afgerond)aandinking
aan denking
aan dinking

Samestellende afleidings word vas geskryf en bestaan uit ʼn agtervoegsel (“-ing”) wat ʼn woordgroep (“aan” en “denk”) saambind.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.



Die woorde "lap", "doek" en "materiaal" is ........ van mekaar.
91 % (afgerond)sinonieme 
6 % (afgerond)homonieme
antonieme
3 % (afgerond)homofone

Sinonieme ("lap", "doek", en "materiaal") is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
97% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties