Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 30-06-2026 (vlak 2)



vorige toets 30 JUN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 30-06-2026 só ingevul:



Daar was verskeie ........ van nuwe produkte by die skou.
demonstrasiëns
99 % (afgerond)demonstrasies  
1 % (afgerond)demonstrasieë
demonstrasiërs

Woorde wat eindig op “-a”, “-e”, “-i”, “-o”, “-u” wat nie ’n tweeklank is nie en ’n onbeklemtoonde “-ie” of “-ee” eindig, kry “-s” in die meervoud.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Identifiseer die FOUT in die volgende sin:
Die meeste jerseys word deser dae deur kunsmatige insiminasie bevrug.
36 % (afgerond)insiminasie 
2 % (afgerond)kunsmatige
52 % (afgerond)deser dae
10 % (afgerond)jerseys

Die korrekte spelling van "insiminasie" is "inseminasie". Die woord "jerseys" verwys na 'n beesras en kan met 'n hoof- of kleinletter geskryf word. "Deser dae" is 'n verouderde (maar nie verkeerde nie) vorm van "deesdae".
Sien ook die bladsy Vokaalreduksie.



Bekende ........ van oor die wêreld heen sak vandeesweek op Kaapstad toe vir die Cape Epic-fietstoer.
Fietsers
6 % (afgerond)fietsers
1 % (afgerond)Fietsryers
93 % (afgerond)fietsryers 

ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld “gholfspeler”, “kommunis”, “protestant”, “tikster” en "fietsryer". Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.



Die dominee het Sondag vir ons die Dekaloog voorgelees.
'n Sinoniem vir "Dekaloog" is ........ .
2 % (afgerond)Tora
5 % (afgerond)Evangelie
91 % (afgerond)Tien Gebooie 
2 % (afgerond)pentateug

Sinonieme is woorde met min of meer dieselfde betekenis. 'n Sinoniem vir "Dekaloog" is die "Tien Gebooie.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
80% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties