Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 29-06-2026 (vlak 1)



vorige toets 29 JUN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 29-06-2026 só ingevul:



Die regering sal die ingewikkelde saak van die betogende studente moet ........ .
1 % (afgerond)berreder
7 % (afgerond)bereder
1 %berredder
92 % (afgerond)beredder 

’n Konsonant in eg Afrikaanse woorde wat volg op ’n kort vokaal wat die hoofklem van ’n woord dra, word verdubbel (AWS 11.23).
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.



In die kamp in die wildtuin kon ons snags die ........ hoor brul.
11 % (afgerond)leeue
leeuens
85 % (afgerond)leeus 
3 %leeuwens

Woorde wat op ’n tweeklank eindig, kry "-e" in die meervoud (AWS 14.3) Die woorde "leeus", "spreeus", "ouens" en "nooiens" is uitsonderings.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Oktober is die tyd wat die ........ blom.
10 % (afgerond)jakaranda's
6 %Jakaranda's
18 %Jakarandas
66 % (afgerond)jakarandas 

Die gewone benaminge van plante en diere begin met kleinletters. Woorde wat op "a" eindig, kry slegs 'n afkappingsteken in die meervoud as die "a" lank en beklemtoon is.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



Jy moet daarop let dat jy nie onnodige ........ foute maak nie.
5 % (afgerond)slegs agterlosig
7 % (afgerond)slegs agtelosig
35 % (afgerond)slegs agterlosige
53 % (afgerond)agtelosige en agterlosige 

Wisselvorme is wanneer daar meer as een korrekte spelwyse van 'n woord is. Die AWS erken beide "agtelosige" en "agterlosige".
Sien ook die bladsy Wisselvorme.



TOTAALRESULTAAT:
74% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties