Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 12-06-2026 (vlak 3)



vorige toets 12 JUN Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 12-06-2026 só ingevul:



Die Departement van Landbou is besig om 'n nuwe ........ in werking te stel.
6 % (afgerond)slegs wyn van oorsprong-stelsel
3 % (afgerond)slegs wyn van oorsprong stelsel
41 % (afgerond)wynvanoorsprongstelsel of wyn-van-oorsprong-stelsel
50 % (afgerond)wyn-van-oorsprongstelsel of wyn-van-oorsprong-stelsel 

Indien ʼn woordgroep van drie of meer woorde (“wyn van oorsprong”) wat op sigself nie gekoppel word nie, in ʼn samestelling optree saam met ʼn bykomende woord of woorde (“stelsel”), word koppeltekens tussen al die samestellende dele van die oorspronklike woordgroep geskryf en word die bykomende woord met of sonder ʼn koppelteken vas aan die res geskryf (AWS 12.21).
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die suster moet nog my medikasie kom toedien.
Wat is die woordsoort van "kom" in bostaande sin?
20 % (afgerond)koppelwerkwoord
25 % (afgerond)skakelwerkwoord 
47 % (afgerond)hulpwerkwoord
8 % (afgerond)oorgangswerkwoord

'n Skakelwerkwoord skakel 'n hulpwerkwoord en hoofwerkwoord aan mekaar, byvoorbeeld:
Hy sal "probeer" om sy pap te eet.
Sy wou hom "help" om groente te kweek.
Die suster moet my medikasie "kom" toedien.

Sien ook die bladsy Woordsoorte.



As Ouma die eende gaan kos gee, roep sy: " ........ !"

27 % (afgerond)kielie-kielie
10 % (afgerond)kiep-kiep
15 % (afgerond)koel-koel
48 % (afgerond)wielie-wielie 

Eende word geroep met wielie-wielie (of pielie-pielie), hoenders met kiep-kiep en kalkoene met koel-koel. Sekere paddas maak kielie-kielie. (Bron: WAT)

Sien ook die bladsy Dieregeluide.



Die hoofstad van die Oos-Kaap is ........ .
33 % (afgerond)Bhisho 
9 % (afgerond)Umtata
35 % (afgerond)Bisho
23 % (afgerond)Mthatha

Bhisho beteken 'buffel' in Xhosa. Die ou spelling van dié stad is Bisho. Mthatha (voorheen Umtata) is een van die groot stede in die Oos-Kaap.
Sien ook die bladsy Plekname.



TOTAALRESULTAAT:
39% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties