10 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 10-06-2026 só ingevul:
Die laboratorium ondersoek ........ wat vir die siekte verantwoordelik is.
slegs mikroörganismes slegs mikro organismes mikroörganismes of mikro-organismes slegs mikro-organismes
Hoewel deeltekens meestal op 'n "e" voorkom, kom dit ook soms op ander klinkers voor. Die woord "mikroörganismes" kan ook met 'n koppelteken gespel word. Kyk by reël 5.6 in die AWS.
Wakkerstroom bied weer vanjaar die immergewilde ........ aan.
klassieke musiekfees klassiekemusiekfees klassieke musiek-fees klassieke musiek fees
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "klassieke" + selfstandige naamwoord "musiek") en ʼn selfstandige naamwoord "fees".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Die toeriste wou graag 'n ........ sien.
Loxodonta africana loxodonta Africana Loxodonta Africana loxodonta africana
By taksonomiese benamings begin genusname ("Loxodonta") en hoër klassifikasies tradisioneel met 'n hoofletter. Daarenteen begin spesiename ("africana") en laer klassifikasies met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.
'n Regiment is 'n ........ .
eetplek vir soldate slaapsaal vir soldate voertuig vir soldate eenheid soldate
'n Versamelnaam (of versamelwoord) is ’n selfstandige naamwoord wat ’n versameling dinge van dieselfde soort aandui.
Sien ook die bladsy Versamelname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)