Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 09-06-2026 (vlak 2)



vorige toets 09 JUN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 09-06-2026 só ingevul:



Die lewensredder het dadelik in die see ........ en die drenkeling gered.
geïndyk
99 % (afgerond)ingeduik 
geïnduik
1 % (afgerond)ingedyk

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met "-ge-" (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.



Hoeveel kos dit per kind om op die ........ te ry?
malle meule
89 % (afgerond)mallemeule 
9 % (afgerond)malemeule
1 % (afgerond)maalmeul

As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “mallemele” in plaas van die korrekte “mallemeule”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.



Die boek "Ys" is geskryf deur ........ .
1 % (afgerond)Roedie van Rensburg
1 % (afgerond)Roedi van Rensburg
42 % (afgerond)Rudie van Rensburg 
55 % (afgerond)Rudi van Rensburg

Persoonseiename, d.w.s. die naam van ʼn persoon, word met ʼn hoofletter geskryf. Rudie van Rensburg is bekend vir sy speurverhale soos "Ys", "Kamakizi" en "Slagyster".
Sien ook die bladsy Persoonsname.



Die president is ook by die beraad om met die leiers van ........ , Indië, Brasilië en Rusland te vergader.
70 % (afgerond)slegs China 
slegs Chiena
25 % (afgerond)China of Sjina
4 % (afgerond)slegs Sjina

Die 2017-AWS erken slegs die spelling "China".
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.



TOTAALRESULTAAT:
75% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties