09 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 09-06-2026 só ingevul:
Die passasierskip vaar gereeld om die wêreld. Wat is die woordsoort van "om" in bostaande sin?
voorsetsel tussenwerpsel lidwoord voornaamwoord
Voorsetsels is kort woorde wat die relatiewe posisie of verhouding tussen twee elemente aandui. 'n Mens kan gewoonlik 'n lidwoord en naamwoord (byvoorbeeld 'n meubelstuk) ná 'n voorsetsel gebruik, byvoorbeeld "om die wêreld" en "op die tafel".
Die outokratiese leier wil altyd sy wil op sy mense ........ .
af-dwing af dwing afdwing
ʼn Samestelling ("afdwing") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("af" en "dwing") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Hierdie ........ bestee jaarliks duisende rand se kos aan armes.
filantropist filantroop filantropis
ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld "filantroop", "kommunis", "protestant", "tikster". Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Uitdrukking: ........ maar waar.
gaar swaar klaar raar
Die uitdrukking "raar maar waar" word in Engels vertaal met "believe it or not". In Afrikaans beteken "raar" 'vreemd' of 'eienaardig' (in Engels 'strange' of 'quaint'). As iets nie algemeen beskikbaar is nie, sê ons dit is "skaars" (in Engels 'rare'). Om dus "raar" vir die Engelse 'rare' te gebruik, is verkeerd.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)