08 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 08-06-2026 só ingevul:
Dit is baie gesond om ........ in ’n slaai te eet.
selery of seldery slegs sellery seldery of sellery slegs selery
ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld, "seldery – selery"; "Mexiko – Meksiko"; "restaurant – restourant"; "meesal - meestal".
Sien ook die bladsy Wisselvorme.
Idioom: Sê en doen is ........ .
twee rooi kalkoen siemsallaboem verskillend
Toe ek in die huis ingetrek het, het ek nuwe ........ laat installeer; dit lyk baie beter as die ou lelike matte.
gelamineerdehoutvloere gelamineerde hout-vloere gelamineerdehout vloere gelamineerde hout vloere
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "gelamineerde" + selfstandige naamwoord "hout") en ʼn selfstandige naamwoord "vloere".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Die droogte hou 'n groot bedreiging vir die landbou in. Onder watter subkategorie van die woordsoort val "bedreiging" in bostaande sin?
versamelnaam abstrakte naamwoord soortnaam eienaam
Abstrakte naamwoorde is selfstandige naamwoorde wat ontasbare dinge benoem , byvoorbeeld "bedreiging", "liefde", "haat" en "geloof".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)