05 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 05-06-2026 só ingevul:
Die nuwe ........ het reeds groot suksesse behaal om vermeende renosterstropers vas te trek.
renosterteenstropingsopleidingseenheid renosterteenstropings opleidings eenheid renosterteenstropings opleidingseenheid renosterteenstropings-opleidings eenheid
Die “s”-verbindingsklank kom feitlik altyd voor waar die eerste woord in ʼn samestelling op “-ing”, “-skap”, “-heid” en “-(i)teit” eindig. Ander voorbeelde sluit in: “gemeenskapsforum”, “veiligheidshek” en “identiteitskrisis”. Woorde met verbindingsklanke word vas geskryf.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
Waarvoor staan die afkorting "des."?
desideratum desalnietemin Desember deser
In die frase "U brief gedateer 13 des." beteken "des." (die afkorting vir "deser") 'hierdie maand' en nie 'Desember' nie.
Sien ook die bladsy Afkortings.
Idioom: Die gees is gewillig, maar die ........ is swak.
geloof vlees verstand wil
Die idioom "die gees is gewillig, maar die vlees is swak" is ontleen aan die Bybel (Matthéüs 26:41) en beteken 'om iets goeds te wil doen, maar nie liggaamlik daartoe in staat (opgewasse) is om dit te doen nie'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die legendariese Maagd van Orléans (in Frans bekend as Jeanne d’Arc) word in Afrikaans ........ genoem.
Joan van Arc Johanna van Arc Joan van Arkel Johanna van Arkel
Johanna van Arkel is die Afrikaanse benaming vir Jeanne d'Arc (Engels 'Joan of Arc'). Verwysing: http://af.wikipedia.org/wiki/Johanna_van_Arkel
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)