05 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 05-06-2026 só ingevul:
Gaan julle na die ........ kyk by die opening van die Olimpiese Spele?
seremonie serremonie seremoonie serremoonie
In lang, oop lettergrepe word die vokale “a”, “e”, “o” en “u” nie verdubbel nie (AWS 16.2). Konsonante wat op ’n [ə] volg, soos die "r" in "seremonie", word nie verdubbel nie (AWS 11.28a).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
'n Versameling uitgesoekte werke van skrywers, of van 'n spesifieke skrywer, is 'n ........ .
bloemlesing trilogie bondel lêer
'n Bloemlesing is 'n versameling gedigte of verhale in een boek saamgevat. 'n Trilogie is 'n versameling van drie gedigte/verhale/dramas wat op mekaar volg. 'n Bondel verwys na wasgoed of stokke wat saamgebind is; 'n lêer is 'n omslag om dokumente, en dies meer, in te bêre.
Sien ook die bladsy Versamelname.
Die opposisie sê die ........ is in 'n haglike toestand.
stads bestuur stadbestuur stadsbestuur stads-bestuur
By sommige samestellings is ’n verbindings-s verpligtend, byvoorbeeld “stadsbestuur”, “ambagsman”, “denneboom”, “nooiensvan” en “kinderkamer”. Woorde met verbindingsklanke word altyd vas geskryf.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
Die woord "nou" in die volgende sinne is 'n ........ . Ek het duidelik gewig aangesit; kyk hoe nou sit my broek! Waar kom jy nou vandaan?
homoniem homofoon antifoon antoniem
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “nou” (‘smal’ of ‘styf’) en “nou” (‘op hierdie oomblik’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)