04 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 04-06-2026 só ingevul:
ʼn Wedstryd duur tagtig minute. Ons bure ry met 'n nuwe, duur, Duitse motor. Die woord "duur" in bostaande sinne is 'n ........ .
homoniem homofoon pleonasme poliseem
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “duur” (‘hoe lank iets neem’) en “duur” (‘kos baie geld’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Hang vir ons die klein ........ daar in die hoek tussen die ander versierings.
ballonnetjie ballonkie balloinkie ballontjie
Woorde wat op ʼn “l”, “m”, “n” of “r” eindig wat op ʼn kort vokaal volg, kry “-etjie” in die verkleiningsvorm, met die konsonant wat verdubbel om die vokaal kort te hou.
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Die geestelike leier van ʼn Joodse gemeente is 'n ........ .
rabie Rabbi rabbi Rabie
ʼn Persoonsnaam is ʼn selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld “rabbi”, “kommunis”, “protestant”, “tikster”. Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Ek het die naweek 'n nuwe bank vir die sitkamer gekoop. Onder watter subkategorie van die betrokke woordsoort val die woord "bank" in bostaande sin?
meubelnaam massanaam soortnaam eienaam
Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "bank", "tafel", "motor" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)