03 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 03-06-2026 só ingevul:
Dis altyd 'n kwessie van ........ wanneer die onderwyser oor verlede week se les praat.
Waarvan praat jy? (Waarvan praat jy?) "Waarvan praat jy?"
Aanhalingstekens word gebruik om woorde en uitdrukkings waarvan gepraat word, aan te dui.
Sien ook die bladsy Aanhalingstekens.
Die ........ komponis, Richard Wagner, is veral bekend vir sy operas.
negentiendeëeuse negentiende-eeuse negentiende eeu se negentiende eeuse
Samestellende afleidings bestaan uit 'n agtervoegsel ("-se") wat 'n woordgroep ("negentiende eeus") saambind tot 'n woord wat vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.
Sy het die ........ van haar ouma geërf.
Familiebybel familie-Bybel familiebybel Familie-Bybel
Samestellings met "-bybel" as laaste deel begin met 'n hoofletter indien dit na die Bybel verwys, byvoorbeeld "Familiebybel" of "Kanselbybel". Indien so 'n samestelling egter na 'n gids of handleiding verwys, word dit met 'n kleinletter geskryf, byvoorbeeld "wiskundebybel" of "kookkunsbybel".
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Idioom: Sy is ........ van die baan.
katjie Kaatjie kaatjie Katjie
Iemand wat stuitig en stout is, word in die idioom kaatjie van die baan genoem. "Kaatjie" is oorspronklik afgelei van die persoonsnaam "Catharina" ("Catharina van die baan"), maar dit word deesdae met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)