Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 03-06-2026 (vlak 2)



vorige toets 03 JUN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 03-06-2026 só ingevul:



Van watter Van der Merwes ........ ?
1 % (afgerond)stem jy van
88 % (afgerond)stam jy af 
8 % (afgerond)stam jy van
2 % (afgerond)stem jy af

Skeibare werkwoorde word in bepaalde gevalle los of vas geskryf, byvoorbeeld: “Van watter Van der Merwes stam jy af” en “Hy moet van die Kaapse Van der Merwes afstam”.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Het u enige ........ waarvan ons bewus moet wees?
1 % (afgerond)allergies
1 % (afgerond)allergiee
13 % (afgerond)alergieë
85 % (afgerond)allergieë 

Die deelteken word gebruik om meervoud aan te dui op woorde wat op "-ie" eindig.
Sien ook die bladsy Deelteken.



Idioom: 'n Mens kan nie na hom luister nie, sy ........ het vasgehaak.
1 % (afgerond)veter
25 % (afgerond)tong
1 % (afgerond)tou
73 % (afgerond)plaat 

Die uitdrukking "iemand se plaat het vasgehaak", word gesê van iemand wat tot vervelens toe oor dieselfde onderwerp praat.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Ek het ........ as module op universiteit geneem.
28 % (afgerond)Beginners-Duits
27 % (afgerond)Beginnersduits 
10 % (afgerond)Beginners Duits
35 % (afgerond)beginners-Duits

In 'n saamgestelde taalbenaming wat sonder 'n koppelteken vas geskryf word, begin slegs die samestelling met 'n hoofletter en nie ook die basiese taalbenaming nie.
Sien ook die bladsy Taalbenamings.



TOTAALRESULTAAT:
68% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties