29 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 29-05-2026 só ingevul:
Die ........ lei die taakspan wat die lewensvatbaarheid van alternatiewe energiebronne vir die metropool se elektrisiteitbehoeftes ondersoek.
stads- elektrotegniese ingenieur of stads elektrotegniese ingenieur stads-elektrotegniese-ingenieur stads elektrotegniese ingenieur stads- elektrotegniese ingenieur
Afstandsamestellings word verpligtend met 'n koppelteken geskryf. Sonder die tussenkomende byvoeglike naamwoord is die skryfwyse vas, d.w.s. "stadsingenieur".
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Die operasie ........ Anna so praat, is vreeslik duur.
waarvan oor wat van wat
Waar diere en dinge ter sprake is, word "waarvan" gebruik, terwyl "van/oor wat" nie aanvaarbaar is nie.
Sien ook die bladsy Waarvan vs. van wie.
Die hofuitspraak teen die atleet het hom 'n koue ........ gegee.
emmer skottel stort bad
Die idioom "iemand 'n koue bad gee", beteken 'iemand se geesdrif demp'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
ʼn Inwoner van Moskou is 'n ........ .
Moskower Moskowiet Moskouër Moskouliet
Iemand wat van Moskou (die hoofstad van Rusland) kom, word ʼn "Moskowiet" of "Moskouer" (sonder ʼn deelteken-e) genoem. In die AWS is ʼn omvattende lys van buitelandse geografiese name met afleidings.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)