29 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 29-05-2026 só ingevul:
As die ........ op die dorp is, is al wat kind is daar.
circus sirkus sircus
Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel. Die woord "sirkus" kom uit van die Latynse "circus" wat 'ring' beteken.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.
In die fabriek word die vrugte eers ........ voordat dit geblik word.
preserveer gepreserveer preserveer of gepreserveer
Die verledetydvorm van werkwoorde in Afrikaans kry "ge-" as voorvoegsel om verlede tyd aan te dui. Hoewel "preserveer" op "-eer" eindig, het die woord meer as twee lettergrepe en kry dus altyd ’n "ge-" in die verlede tyd.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
........ ! Die balk kan op jou kop val.
Pesop Pessop Pasop Passop
Die woord "pasop" is ʼn tussenwerpsel en word met een s gespel. Tussenwerpsels is kort woorde, gewoonlik gevolg deur ʼn uitroepteken, wat ʼn bepaalde emosie aandui.
Sien ook die bladsy Tussenwerpsels.
Die kind vertoon abnormale gedrag; daar skort iets by die huis. Wat is die woordsoort van die woord "abnormale" in bostaande sin?
bywoord byvoeglike naamwoord voegwoord werkwoord
’n Adjektief (oftewel byvoeglike naamwoord) beskryf die eienskap van die naamwoord. ’n Adjektief moet voor ’n selfstandige naamwoord kan staan, byvoorbeeld: Dit is “abnormale” gedrag. Adjektiewe het ook trappe van vergelyking, byvoorbeeld: “abnormaal”, “meer abnormaal”, “mees abnormale”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)