26 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 26-05-2026 só ingevul:
Die ........ van die plan moet egter gewysig word.
syäansig sy aansig syaansig sy-aansig
Die opeenvolging van vokaalletters bring nie noodwendig mee dat 'n komplekse woord verkeerd of moeilik korrek gelees sal word nie.
Sien ook die bladsy Vokaalopeenhoping.
Ek het op Ellisras ........ .
groot geword gegrootword grootgeword
Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep dra ("grootword"), vorm die voltooide deelwoord met "-ge-" ("grootgeword") (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Die universiteite se hoofamptenare word ........ genoem.
Rektore rektore rektore of Rektore
Wanneer 'n ampsbenaming ("rektor"), of die naam van 'n instelling ("universiteit"), 'n algemene verwysing is, word dit met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.
........ is die eerste letter van die Griekse alfabet.
Alfa of Alpha slegs Alpha slegs Alfa slegs Alva
Verafrikaanste woorde is woorde wat uit ander tale opgeneem is in Afrikaans, maar wat net soos Afrikaanse woorde lyk en gebruik word.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)