Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 22-04-2026 (vlak 1)



vorige toets 22 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 22-04-2026 só ingevul:



Ek het die vakansie saam met my pa ........ mossels uithaal.
ge-gaan
16 % (afgerond)gegaan
84 % (afgerond)gaan 

Skakelwerkwoorde (soos "gaan", "begin", "bly", "help", "hoor", "kom", "leer", "ophou", "probeer", "sien" en "voel") staan gewoonlik voor ʼn ander werkwoord. In die verlede tyd kry die skakelwerkwoord nie "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Sal jy asseblief die ........ verwyder?
3 % (afgerond)villus
1 % (afgerond)fulles
96 % (afgerond)vullis 
fillus

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Soogdiere is hoofsaaklik ........ .
1 % (afgerond)warm-bloedig
3 % (afgerond)warm bloedig
96 % (afgerond)warmbloedig 

Samestellende afleidings bestaan uit 'n agtervoegsel ("-ig") wat 'n woordgroep ("warm bloed") saambind tot 'n woord wat vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.



Die woord "spel" in die volgende twee sinne is ’n ........ .
Die deelnemers aan "Op die Spel" kan almal goed spel.
Die Springbokke het teleurgestel met hulle spel.
4 % (afgerond)antoniem
10 % (afgerond)homofoon
1 % (afgerond)sinoniem
85 % (afgerond)homoniem 

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "spel" (‘korrek skryf’) en "spel" (‘die manier van speel’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



TOTAALRESULTAAT:
90% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties