Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 31-03-2026 (vlak 3)



vorige toets 31 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 31-03-2026 só ingevul:



Die optimale benutting van datalêers in 'n organisasie staan as ........ bekend.
12 % (afgerond)slegs data-ontginning
dataöntginning
77 % (afgerond)dataontginning of data-ontginning 
11 % (afgerond)slegs dataontginning

’n Opeenhoping van vokale tussen dele van ’n samestelling bring nie noodwendig leesbaarheidsprobleme mee nie en ’n koppelteken is dus onnodig, byvoorbeeld “dataontginning”, “naoorlogs”, “pouoogmot”. Indien die leser dit egter vind dat 'n koppelteken leesbaarheid sal verbeter, kan dit wel ingevoeg word (AWS 12.1a).
Sien ook die bladsy Vokaalopeenhoping.



Hoeveel ........ ontstaan wanneer selle deur middel van mitose verdeel?
4 % (afgerond)nukleïne
85 % (afgerond)nukleusse of nukleï 
4 % (afgerond)nukleï
7 % (afgerond)nukleusse

Naamwoorde wat op “-s” eindig, kry ʼn “-e” in die meervoudsvorm. In die geval van nukleus is albei meervoude "nukleusse" en "nukleï" korrek.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Lugaanvalle in 2011 het gehelp om ........ tot 'n val te bring.
17 % (afgerond)Moehammar al-Gaddafi
15 % (afgerond)Moehammer al-Ghaddafi
46 % (afgerond)Moeammar al-Ghaddafi 
22 % (afgerond)Mohammed al-Gaddafi

Moeammar al-Ghaddafi was 'n diktator in Libië van 1969-2011. Lees meer by: https://af.wikipedia.org/wiki/Moeammar_al-Ghaddafi.
Sien ook die bladsy Persoonsname.



Die inbrekers het hulle as munisipale beamptes ........ om toegang tot die huis te kry.
opgedoen
95 % (afgerond)voorgedoen 
4 % (afgerond)voorgegee
voorgee

Die woorde "voordoen" en "voorgee" beteken albei 'maak asof'. Die woord "voordoen" word egter in dié betekenis altyd refleksief gebruik, byvoorbeeld 'hy doen hom voor' as iemand anders. Die woord "voorgee" is nie refleksief nie, byvoorbeeld hy "gee voor" dat hy siek is.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
76% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties