30 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 30-03-2026 só ingevul:
Die aarde ........ om sy as.
wentil wêntil wentel wêntel
Die [ә]-klank word in onbeklemtoonde lettergrepe en sommige voorvoegsels met “e” geskryf (AWS 16.14).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Die oorwinnaars het ná die oorlog die gebied by hulle land ........ .
geïnlyf geinlyf ingelyf in gelyf
Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
In ons huis is ........ wasdag.
Mandag Maandag maandag mandag
Dae van die week, die name van kerklike, godsdienstige en algemene feesdae word met ʼn hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.
Die beeld se arms en kop is afgebreek; nou is net die ........ oor.
torso torsoe torsou
Vreemde woorde, soos "torso", behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm, ook in samestellings. Die woord "torso" is van Italiaans afkomstig.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)