J.S. Bach het verskeie ........ geskryf.
trios trio's
Woorde wat op ʼn i, o, u en ʼn beklemtoonde (lang) a eindig, word in die meervoud met 'n afkappingsteken geskryf.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.
Tydens 'n besoek aan my ma is ou ........ weer oopgekrap.
gate wonde bokse kaste
Die idioom "ou wonde oopkrap", beteken 'oor sake praat wat vroeër onaangenaamheid veroorsaak het'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Tony verdien kwalik genoeg geld om kos te koop. Wat is die woordsoort van "kwalik" in bostaande sin?
substantief werkwoord bywoord adjektief
'n Bywoord beskryf die werkwoord of 'n adjektief. 'n Mens kan bepaal of 'n woord 'n bywoord is deur te kyk of die woord die vraag "Hoe?" van die werkwoord of adjektief beantwoord, byvoorbeeld: Hoe genoeg verdien Tony geld? Die antwoord: kwalik.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)