Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 16-03-2026 (vlak 2)



vorige toets 16 MRT Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 16-03-2026 só ingevul:



Ek gaan vir my ʼn nuwe raket koop.
Wat is die woordsoort van "my" in bostaande sin?
17 % (afgerond)wederkerende voornaamwoord
45 % (afgerond)persoonlike voornaamwoord 
29 % (afgerond)besitlike voornaamwoord
8 % (afgerond)betreklike voornaamwoord

'n Voornaamwoord is 'n woord wat in plaas van 'n selfstandige naamwoord gebruik kan word. Daar is verskillende kategorieë: persoonlike, onpersoonlike, betreklike, besitlike, vraende en onbepaalde voornaamwoorde. Besitlike voornaamwoorde dui besitting aan.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Die Romantiek is gekenmerk deur verhale oor liefde en die ........ van feetjies en kabouters.
1 % (afgerond)toorwerwêreld
93 % (afgerond)towerwêreld 
3 % (afgerond)toverwêreld
3 % (afgerond)towerwereld

ʼn Samestelling (“towerwêreld”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“tower” en “wêreld”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Harold se brief aan die koerant het baie reaksie ........ .
geontlok
geöntlok
99 % (afgerond)ontlok 
ontgelok

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2).

Sien ook die bladsy Verlede tyd.



........ ! Kyk hoe mooi lyk jy!
96 % (afgerond)Aitsa 
3 % (afgerond)Goeiste
2 % (afgerond)Genugtig
Aardbodem

Die tussenwerpsel "aitsa" word gebruik as 'n uitroep van verrassing en kompliment.
Bron: HAT
Sien ook die bladsy Tussenwerpsels.



TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties