09 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 09-03-2026 só ingevul:
Daardie woord het 'n ........ betekenis.
dubbel dubbelse dubbele dubbels
As ’n stam van ’n woord uitgaan op [a], [ε], [ͻ], [ә] of [œ] en ’n konsonant, word die konsonant in die afleidings verdubbel, byvoorbeeld “dubbele”, “detailleer”, “blikkie”, “beddens”, “kramatte” (AWS 11.26).
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.
Hoeveel ........ loop daar op ’n dag tussen Johannesburg en Kaapstad?
treins tryne tryns treine
Naamwoorde wat op "l", "m", "n", "ng" of "r" eindig waarvan die vorige vokaal beklemtoon is ("trein"), kry ’n "-e" in die meervoud (AWS 13.2).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Ek sou graag op 'n boot deur ........ se kanale wou vaar.
Fenisië Venisië Fenesië Venesië
Venesië is 'n bekende stad in Italië; Fenisië (of Fenicië) was 'n provinsie in die Persiese Ryk.
Sien ook die bladsy Plekname.
Marlene is ........ nadat sy by die werk afgedank is.
verbitter verbitter of verbitterd verbitterd ferbitterd
ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld "verbitter – verbitterd", "Mexiko – Meksiko", "restaurant – restourant".
Sien ook die bladsy Wisselvorme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)