Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 05-03-2026 (vlak 2)



vorige toets 05 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 05-03-2026 só ingevul:



Die studente het in oproer gekom toe hul klasgeld die tweede keer verhoog is.
Wat is 'n sinoniem vir "oproer" in bostaande sin?

vrede
100 % (afgerond)opstand 
moles
bewaring

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



Die ........ wat ek moet werk, is gelukkig net twee ure lank.
1 % (afgerond)skofkie
3 % (afgerond)skoftjie
skofje
96 % (afgerond)skoffie 

Woorde wat eindig op “f”, “g”, “k”, “p”, of “s” wat voorafgegaan word deur ʼn kort uitgespreekte “a”, “e”, “o” of “u”, kry ʼn “-ie” in die verkleiningsvorm, en die voorafgaande konsonant word verdubbel omdat dit dan in ʼn geslote lettergreep voorkom (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.



Die Gautengse ........ het swak regering die skuld gegee vir die betogings oor dienslewering.
3 % (afgerond)slegs departement van Menslike Nedersettings
23 % (afgerond)Departement van Menslike Nedersettings of departement van menslike nedersettings
71 % (afgerond)slegs Departement van Menslike Nedersettings 
2 % (afgerond)slegs departement van menslike nedersettings

Soortname wat as eiename optree, kry aanvangshoofletters (behalwe lidwoorde en voorsetsels) (AWS 9.9). Dit sluit in die name van staatsdepartemente, fakulteite by universiteite, politieke partye, nieregeringsorganisasies en kerke.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Die vriende het weer ........ na 'n intense bakleiery.
89 % (afgerond)versoen 
11 % (afgerond)opgemaak

Die antwoord is "versoen", aangesien "opgemaak" in hierdie konteks 'n anglisisme is.
Sien ook die bladsy Anglisismes.



TOTAALRESULTAAT:
89% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties