Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 04-03-2026 (vlak 3)



vorige toets 04 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 04-03-2026 só ingevul:



Die ........ moes by vele spoggerige geleenthede optree.
70 % (afgerond)attaché 
29 % (afgerond)attachè
attache

Die akuutteken word dikwels by woorde van vreemde herkoms gebruik.
Sien ook die bladsy Gravis-/akuutteken.



Die verdagte ry 'n blou ........ .
17 % (afgerond)vierdeur Ford
7 % (afgerond)vier-deur-Ford
76 % (afgerond)vierdeur-Ford 
vier deur Ford

In 'n eienaamverbinding as soortnaam wat bestaan uit 'n nie-eienaamgedeelte ("vierdeur") gevolg deur 'n eienaamgedeelte ("Ford"), word die nie-eienaamgedeelte met 'n koppelteken vas aan die eienaamgedeelte geskryf.
Sien ook die bladsy Eienaamsamestellings.



Die ........ leër moes ingryp om die oproerige skare onder beheer te bring.
6 % (afgerond)Eritriese
13 % (afgerond)Eritreënse
27 % (afgerond)Eritreense
54 % (afgerond)Eritrese 

Die byvoeglike naamwoord vir Eritrea is "Eritrese". 'n Uitgebreide lys van internasionale plekname, die name van hul inwoners en byvoeglike naamwoorde verskyn agter in die AWS.
Sien ook die bladsy Plekname.



Sy bydrae was van nul en ........ waarde.
7 % (afgerond)geen
3 % (afgerond)gene
90 % (afgerond)gener 

Die vaste uitdrukking "van nul en gener waarde" beteken 'glad nie van waarde nie'.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



TOTAALRESULTAAT:
73% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties