Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 04-03-2026 (vlak 2)



vorige toets 04 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 04-03-2026 só ingevul:



'n Sinoniem vir "veiligheid" is ........ .
14 % (afgerond)skuiling of bewaring
2 % (afgerond)slegs sekerheid
18 % (afgerond)slegs sekuriteit
66 % (afgerond)sekerheid of sekuriteit 

Hoewel sommige bronne 'n onderskeid maak in die betekenis van "sekerheid" en "sekuriteit" beskou die WAT en HAT dit as sinonieme.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



Jy moet in die ........ kyk of jy netjies genoeg is om uit te gaan.
1 % (afgerond)spiël
spie-el
2 % (afgerond)spieel
97 % (afgerond)spieël 

Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken. Dit geld egter nie wanneer ’n “a” of ’n “o” voorafgegaan word deur ’n “a”, “o”, “e”, “u” of “i” nie, byvoorbeeld “chaos”, “geolie” en “aktuaris”. Dit geld ook nie vir samestellings nie, byvoorbeeld “studie-eenheid” en “toe-eien”. Hoewel die woord "spieël" as een lettergreep uitgespreek kan word, kry dit om historiese redes tog 'n deelteken op die laaste "e".
Sien ook die bladsy Deelteken.



Idioom: Vir iemand die lewe ........ maak.
1 % (afgerond)smaakloos
3 % (afgerond)soet
70 % (afgerond)bitter
27 % (afgerond)suur 

Hierdie idioom beteken 'die lewe vir iemand onaangenaam maak'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die ........ is maar een van miljarde sterrestelsels in die groot uitspansel.
melkpad
Melkpad
14 % (afgerond)melkweg
86 % (afgerond)Melkweg 

Soortname wat as eiename optree, kry aanvangshoofletters (behalwe lidwoorde en voorsetsels). Sien reël 9.9 in die AWS.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



TOTAALRESULTAAT:
69% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties