Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 03-03-2026 (vlak 1)



vorige toets 03 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 03-03-2026 só ingevul:



Die Afrikaanse vertaling van "skyscraper" is ........ .

6 % (afgerond)wolkkrapper
1 % (afgerond)hoë gebou
lang gebou
93 % (afgerond)wolkekrabber of toringgebou 

Die Engelse woord "skyscraper" het twee moontlike vertalings in Afrikaans, naamlik "wolkekrabber" en "toringgebou".
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.



Die eienaar van die blok kom môre die huurgeld ........ .
invôder
1 % (afgerond)invoder
98 % (afgerond)invorder 
1 % (afgerond)in vorder

ʼn Samestelling ("invorder") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("in" en "vorder") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Pretoria is bekend vir sy ........ .
19 % (afgerond)Jakarandas
6 % (afgerond)Jakaranda's
12 % (afgerond)jakaranda's
63 % (afgerond)jakarandas 

Die gewone benaminge van plante en diere begin met kleinletters al is die eerste deel van die samestelling van die naam ’n eienaam, byvoorbeeld "gaboenadder", "sederbergghwarrie", "zambezihaai" (AWS 9.7a). Woorde wat op ’n onbeklemtoonde "a" eindig, kry nie ’n afkappingsteken in die meervoud nie.
Sien ook die bladsy Dier- en plantname.



'n Versameling skepe wat saam vaar is 'n " ........ skepe".
98 % (afgerond)vloot 
1 % (afgerond)skool
boord
stoet

'n Versamelnaam (of versamelwoord) is ’n selfstandige naamwoord wat ’n versameling dinge van dieselfde soort aandui.
Sien ook die bladsy Versamelname.



TOTAALRESULTAAT:
88% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties