29 JAN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 29-01-2026 só ingevul:
Die ........ is 'n musiekinstrument wat vir die Shonas 'n belangrike kulturele betekenis het.
mbiera imbira mbira mbura
Sommige leenwoorde uit Afrikatale word nie verafrikaans nie, byvoorbeeld "mbira", "impala", "indaba" en "ubuntu" (AWS 18.8).
Sien ook die bladsy Afrikataalleenwoorde.
Die gebou het 'n ........ ontwerp; die linkerkant is 'n spieëlbeeld van die regterkant.
simmetries simmeetries simetriese simmetriese
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Die solodebuutalbum met die treffer "Toe vind ek jou" is van ........ .
francois van coke Francois van coke Francois van Coke Francois Van Coke
Persoonseiename, d.w.s. die naam van ʼn persoon, word met ʼn hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Die Universiteit van die Vrystaat het besluit dat Engels voortaan die hooftaal van ........ sal wees.
edukasie onderrig instruksie
Die woord "instruksie" beteken 'opdrag', om die woord in die betekenis van "onderrig" te gebruik is 'n anglisisme.
Sien ook die bladsy Anglisismes.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)