21 JAN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 21-01-2026 só ingevul:
Waarheen is Katryn-hulle? Hulle is ........ .
soontoe soon-toe soën toe soon toe
Verbindings van ’n bywoord plus "toe" word altyd vas geskryf (AWS 15.56).
Sien ook die bladsy Samestellings.
Ai Marie ........ jou huiswerk is nog nie eens halfpad klaar nie!
: ! , .
Die komma tree op as ruspunt in 'n sin.
Sien ook die bladsy Komma.
Die uitdrukking "iemand onder jou vleuels neem" beteken:
iemand vryheid te gee onder jou beskerming neem om iemand te omarm iemand se vliegtuigkaartjie te betaal
"Vleuel" wat "vlerk" beteken word in sommige verbindings met 'n deftige, verhewe gevoelswaarde gebruik. Voorbeelde hiervan sluit in: "Op die vleuels van 'n gebed, die wind, liefde, ensovoorts".
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die voornaam van die voormalige aartsbiskop van Kaapstad is ........ .
Desmund Desmond Desmont Desmunt
Persoonseiename, d.w.s. die naam van ʼn persoon, word met ʼn hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)