Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 20-01-2026 (vlak 2)



vorige toets 20 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 20-01-2026 só ingevul:



Ná die ongeluk was ........ gou op die toneel.
16 % (afgerond)paramedisie of paramedikuste
2 % (afgerond)slegs paramedikuste
78 % (afgerond)paramedici of paramedikusse 
4 % (afgerond)slegs paramedicies

ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld, “paramedici – paramedikusse”; “Mexiko – Meksiko”; “restaurant – restourant”; “meesal – meestal”.
Sien ook die bladsy Wisselvorme.



Jy ........ net jouself met jou koppigheid.

benaadeul
1 % (afgerond)benaadeel
99 % (afgerond)benadeel 
benadeul

In oop lettergrepe word die vokale “a”, “e”, “o” en “u” nie verdubbel nie (AWS 16.2).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Die onderwyseres het aan haar klas verduidelik dat 'n ........ ook 'n taalgogga genoem kan word.
5 % (afgerond)slegs Anglisisme
32 % (afgerond)anglisisme of Anglisisme 
63 % (afgerond)slegs anglisisme

Afleidings op "-is", "-isme" en "-isties" wat uit taalname gevorm is, begin met 'n hoofletter of 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.



Die ........ het alleen in 'n grot hoog in die berg oornag.
4 % (afgerond)Koi-Koi
3 % (afgerond)Koi
63 % (afgerond)Khoi-Khoi 
31 % (afgerond)Khoi

Die spelling van "Khoi-Khoi" het oor baie jare al baie variasies in Afrikaans gehad, maar die jongste AWS erken slegs "Khoi-Khoi", met die meervoud "Khoi-Khoin".
Sien ook die bladsy Afrikataalleenwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
68% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties