19 JAN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 19-01-2026 só ingevul:
Glenfiddich is 'n bekende Skotse ........ .
whisky of whiskey slegs whiskey slegs whisky
Die woord "whisky" (sonder 'n "e") verwys na 'n soort drank wat spesifiek in Skotland vervaardig is; die woord "whiskey" (met 'n "e") verwys na dieselfde soort drank, maar wat buite Skotland vervaardig word. Sien ook https://af.wikipedia.org/wiki/Whiskey
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Soos ons hulle aanja, ........ die bulle op soek na die koeie.
balk blaas blader brul
Bulle brul, donkies balk en ganse blaas. Die werkwoord "blader" beteken 'blaai' in Nederlands. (Bron: Die Afrikaanse Makro Gids - I Uys)
Baie mense glo vas aan die ........ om gewig te verloor.
lae koolhidraat, hoë vet-dieet laekoolhidraat-hoëvetdieet lae koolhidraat, hoë vet dieet lae-koolhidraat- hoë-vet-dieet
By samestellende samestellings, byvoorbeeld "laekoolhidraatdieet", kom daar nie 'n koppelteken tussen die byvoeglike naamwoord en die selfstandige naamwoord nie (AWS 12.6). As 'n mens die woorde "en", "of", "per", "tot", "tussen" of "van" kon gebruik, word die deel waar die woord sou inkom met 'n koppelteken vas geskryf (AWS 12.7).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Bousels wat uit een of meer beginletters van twee of meer woorde, woorddele of lettergrepe saamgestel is en as 'n woord uitgespreek word, word 'n ........ genoem.
akroniem afkorting
Agterin die "Afrikaanse Woordelys en Spelreëls" verskyn 'n omvattende lys van afkortings en akronieme.
Sien ook die bladsy Akronieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)