14 JAN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 14-01-2026 só ingevul:
........ , Jaap het nie eerste vir George geslaan nie.
slegs Haikôna slegs Aikôna Aikôna of Haikôna slegs Aaikôna
In woorde wat uit Afrikatale geleen is, word die spelling met 'n "ô" om tradisionele redes naas die spelling met 'n "o" erken. Jy kan dus ook "Aikona" of "Haikona" skryf. In die oorspronklike Zoeloe word dit met twee h's geskryf ('hhayikhona'); "haikôna" is dus die verafrikaanste vorm.
Sien ook die bladsy Kappie.
Dit is beter vir 'n mens se gesondheid om ........ te wees.
vergewensgesind vergewing-gesind vergewengesind vergewingsgesind
Daar kom feitlik altyd 'n verbindingsklank voor wanneer die tweede komponent van ’n samestelling "-halwe", "-waardig", "-weë" of "-gesind" is.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
ʼn Jong geestelike wat ʼn biskop bystaan, word ʼn ........ genoem. Ons gebruik dié woord ook om in die algemeen na ʼn helper, ondersteuner of trawant te verwys.
aide-de-camp altruïs afgesant akoliet
ʼn "Akoliet" was in die ou Christelike kerk ʼn altaardienaar wat die biskop bygestaan het; vandag verwys "akoliet" in die algemeen na ʼn helper of ondersteuner. (Bron: WAT)
Idioom: In ........ water vis.
helder troebel kalm onstuimige
Die idioom "in troebel water vis", beteken 'in verwarde omstandighede eie voordeel probeer soek'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)