Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 13-01-2026 (vlak 1)



vorige toets 13 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 13-01-2026 só ingevul:



Die hele lot het saam op vakansie gegaan.
Wat is die woordsoort van "lot" in bostaande sin?
87 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
1 % (afgerond)werkwoord
2 % (afgerond)bywoord
9 % (afgerond)byvoeglike naamwoord

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “lot - die lot – lotte”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Die onderwyser het die ........ mooi op haar plek gesit.
wysnees
1 % (afgerond)wys neus
99 % (afgerond)wysneus 
wys-neus

ʼn Samestelling ("wysneus") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("wys" en "neus") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Lande in ........ beleef tans ongekende groei.
1 % (afgerond)Asiee
asië
98 % (afgerond)Asië 
asiee

Geografiese name en plekname word met ’n hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Alles het ........ verloop.
7 % (afgerond)olieglad
10 % (afgerond)botterglad
83 % (afgerond)seepglad 
ghriesglad

Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde wat ʼn versterkende betekenis aan die stam gee en word vas geskryf behalwe “wawyd oop”. Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.



TOTAALRESULTAAT:
92% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties