09 JAN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 09-01-2026 só ingevul:
Die korrekte manier om die woord "slinger" af te kap is ........ .
slin-ger sli-nger sling-er
By woorde wat op 'n "ng"-klank afgekap word, kom die koppelteken tussen die "n" en die "g", byvoorbeeld "slin-ger".
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Jy sal maar op jou tande moet kners vir die pyn. Wat is die woordsoort van "moet" in bostaande sin?
hulpwerkwoord van tyd hulpwerkwoord van modaliteit hulpwerkwoord van kousaliteit hulpwerkwoord van aspek
’n Hulpwerkwoord is 'n werkwoord wat 'n betekenis toevoeg aan een ander werkwoord en daardeur in beginsel nie selfstandig voorkom nie. In Afrikaans onderskei ons onder andere tussen hulpwerkwoorde van tyd, byvoorbeeld "het" en hulpwerkwoorde van modaliteit, byvoorbeeld "moet", "sal" en "wil".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Idioom: Hoe kaler heertjie, hoe groter ........ .
leertjie peertjie seertjie meneertjie
Die idioom "hoe kaler heertjie, hoe groter meneertjie" beteken 'wie die minste besit, spog gewoonlik die meeste'. Bron Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Iemand wat 'n deskundige is op Nederlandse sake noem jy 'n ........ .
Nederlandikus of nederlandikus slegs neerlandikus slegs Neerlandikus Neerlandikus of neerlandikus
Woorde wat van geografiese name afgelei is, behou die skryfwyse in die afgeleide vorm. In die geval, hoofletters. AWS 9.19
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)