Die ........ vind by die Maitland-begraafplaas plaas.
ter aardebestelling ter aarde bestelling teraardebestelling teraarde bestelling
Samestellende afleidings word vas geskryf en bestaan uit ʼn agtervoegsel ("-ing") wat ʼn woordgroep ("ter aarde bestel") saambind.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.
Die Franse het heel rare eetgewoontes, maar hulle kaas en wyn is uit die boonste rakke. 'n Sinoniem vir die woord "rare" in bostaande sin is:
rou unieke skaars vreemde
Die Afrikaanse woord "raar" is nie 'n sinoniem vir die Engelse woord "rare" nie. In Afrikaans beteken dit 'vreemd' en in Engels beteken dit 'skaars' of 'rou'. Dit is een van die "valse vriende" waar woorde in die twee tale eners lyk, maar in betekenis verskil. Nog voorbeelde is "brave x braaf" en "eventually x eventueel".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)