06 JAN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 06-01-2026 só ingevul:
Op 93 is Katrien steeds 'n ........ lid van die kerk.
aktiewe actief aktief actiewe
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Motoriste word gewaarsku om versigtig te bestuur in die ........ wat deur die brand langs die pad veroorsaak word.
waasigheid wasigheid wasigheit waasigheit
In oop lettergrepe word die vokale “a”, “e”, “o” en “u” nie verdubbel nie (AWS 16.2).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Elsa is vreeslik ........ as dit kom by die bevordering van taalregte.
pro-Zoeloe Pro-Zoeloe Prozoeloe prozoeloe
By byvoeglike naamwoorde wat met die voorvoegsel "pro-" van taalbenamings afgelei is, begin die taalbenaming met 'n hoofletter na die koppelteken wat die voorvoegsel aan die taalbenaming verbind.
Sien ook die bladsy Taalbenamings.
Die prys van ........ het al weer gestyg.
petril petrel petrol
Vreemde woorde behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm, ook in samestellings.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)