Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 06-01-2026 (vlak 1)



vorige toets 06 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 06-01-2026 só ingevul:



My hart het kwaai gebons toe ek die slang voor my sien.
Wat is die woordsoort van die woord "gebons" in bostaande sin?

2 % (afgerond)selfstandige naamwoord
1 % (afgerond)voegwoord
95 % (afgerond)werkwoord 
2 % (afgerond)bywoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word, byvoorbeeld "bons - gebons".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Redi hou altyd ........ in die motor om die vensters skoon te hou.
18 % (afgerond)seemleer
1 % (afgerond)seems leer
seem leer
80 % (afgerond)seemsleer 

ʼn Samestelling ("seemsleer") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("seem", "s" en "leer") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Candice se ma kook gereeld konfyt van ........ .
4 % (afgerond)Appelliefies
2 % (afgerond)apelieffies
34 % (afgerond)appeliefies
60 % (afgerond)appelliefies 

Die gewone benaminge van plante en diere ("appelliefie") begin met kleinletters.
Sien ook die bladsy Dier- en plantname.



Ek is bevoorreg om elke oggend met die gesing en ........ van voëltjies wakker te word.
gesis
98 % (afgerond)getjirp 
2 % (afgerond)gesanik
1 % (afgerond)geseur

Voëls tjirp, sing of kwetter.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.



TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties