Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 02-01-2026 (vlak 3)



vorige toets 02 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 02-01-2026 só ingevul:



Die ........ het belangrike poste en gewoonlik ook baie geld.

hoolui
hoo lui
11 % (afgerond)hoë lui
88 % (afgerond)hoëlui 

Byvoeglike naamwoorde (soos “hoog” of “warm”) word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde (soos “lui” of “kos”) geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



Dit is 'n ........ motor wat vir enige terrein geskik is.
4 % (afgerond)4 wiel aangedrewe
64 % (afgerond)4-wielaangedrewe 
28 % (afgerond)4-wiel aangedrewe
4 % (afgerond)4xwielaangedrewe

Indien 'n syfer in 'n samestelling of afleiding voorkom, word dit met 'n koppelteken aan die res van die samestelling of afleiding verbind.
Sien ook die bladsy Getalle.



Maryna het die inbreker iets in ........ voege toegesnou: "Jou lae luis! As ek jóú ooit in die hande kry, ..."
3 % (afgerond)duur
2 % (afgerond)die
21 % (afgerond)der
74 % (afgerond)dier 

Die vaste uitdrukking "in dier voege" beteken 'sodanig', 'op hierdie manier' of 'van dié aard'.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



Die taak van die ........ van 'n parlement is om orde te handhaaf.
24 % (afgerond)Speaker
25 % (afgerond)speaker 
50 % (afgerond)speaker of Speaker

Wanneer 'n ampsbenaming ("speaker"), of die naam van 'n instelling ("parlement"), 'n algemene verwysing is, word dit met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.



TOTAALRESULTAAT:
63% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties