Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 29-12-2025 (vlak 3)



vorige toets 29 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 29-12-2025 só ingevul:



Die gebruik van ’n woord wat in stryd met sy betekenis is, byvoorbeeld in gedwonge of verwarde beeldspraak of omdat die gebruik ’n soort teëspraak bevat, noem ons 'n ........ .
45 % (afgerond)kategrese
15 % (afgerond)katechrese
25 % (afgerond)katachrese 
15 % (afgerond)kategese

Woorde van Griekse herkoms met ’n [x]-klank, word tradisioneel met "ch" gespel. Sommige woorde is egter wisselvorme en kan ook met ’n "k" gespel word, byvoorbeeld "chronies - kronies" (AWS 18.6). In “handig met die voete” en “plastiese glas” het ons voorbeelde van katachrese.
[Grieks catachresis; kata teen + khraomai gebruik]
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.



Idioom: Nie 'n ........ voor die neus werd wees nie.
7 % (afgerond)parfuum
76 % (afgerond)knip 
17 % (afgerond)bril

Die idioom "nie 'n knip voor die neus werd wees nie", beteken 'baie min beteken'.
Die "knip" verwys na die handeling van jou middelvinger teen jou duim (voor jou neus) te klap om te wys dat iets niks werd is nie.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Yolanda eet graag ........ saam met jogurt vir ontbyt.
2 % (afgerond)blou bessies
97 % (afgerond)bloubessies 
1 % (afgerond)Bloubessies
Blou Bessies

Byvoeglike naamwoorde (soos "blou" en "groot") en selfstandige naamwoorde (soos "huis" en "lepel") word gewoonlik los van mekaar geskryf. Deur die proses van betekenisverdigting smelt die woorde saam en vorm 'n splinternuwe begrip. Dit kom veral by plant-, diere- en siektename in. Byvoorbeeld, "bloubessie", "geelslang" en "witseerkeel".
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



Jy het die skildery onderstebo opgehang.
Wat is die woordsoort van "onderstebo" in bostaande sin?
10 % (afgerond)bywoord van graad
36 % (afgerond)bywoord van modaliteit
bywoord van tyd
54 % (afgerond)bywoord van manier 

Bywoorde beskryf die adjektief of die werkwoord in 'n sin. Daar is verskillende soorte bywoorde, byvoorbeeld bywoord van wyse - "abrup", bywoord van tyd - "môre", bywoord van graad - "besonder" en bywoord van modaliteit - "dalk".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
63% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties