29 DES (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 29-12-2025 só ingevul:
Die stoute kinders ........ my al die hele middag.
geversondig versondig gefersondig fersondig
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Lena het haar ........ om geld te verdien om haar kinders te laat leer.
geafsloof afgesloof geäfsloof af gesloof
Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het ("afsloof"), vorm die voltooide deelwoord met "-ge-" (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.
’n ........ is ’n baie belangrike Britse titel.
Lôrd lord lôrd Lord
Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
'n Sinoniem vir die woord "religie" is ........ .
godsdiens sinagoge tempel kerk
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)