Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 26-12-2025 (vlak 3)



vorige toets 26 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 26-12-2025 só ingevul:



Dis 'n volwaardige ........ wat op veiling is.
5 % (afgerond)stoet jersey
43 % (afgerond)Stoetjersey of stoetjersey
12 % (afgerond)stoet Jersey
40 % (afgerond)stoet-Jersey of stoetjersey 

In 'n eienaamverbinding wat optree as soortnaam en wat bestaan uit 'n nie-eienaamgedeelte ("stoet") gevolg deur 'n eienaamgedeelte ("Jersey"), word die nie-eienaamgedeelte met 'n koppelteken vas aan die eienaamgedeelte geskryf ("stoet-Jersey"). Indien eienaamverbleking plaasgevind het, kan die twee dele ook sonder koppelteken vas geskryf word ("stoetjersey").
Sien ook die bladsy Eienaamsamestellings.



Die ekonomie het vanjaar swak gevaar met betrekking tot werkskepping.
Onder watter subkategorie val die woordsoort van "betrekking" in bostaande sin?

8 % (afgerond)soortname
1 % (afgerond)eiename
5 % (afgerond)maatname
86 % (afgerond)abstrakte naamwoorde 

Abstrakte naamwoorde is selfstandige naamwoorde wat ontasbare dinge benoem , byvoorbeeld "betrekking", "liefde", "haat" en "geloof".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



........ Is die uitsig nie asemrowend nie!
Watter tussenwerpsel sal van bewondering getuig in bostaande sin?
1 % (afgerond)Foeitog!
84 % (afgerond)O! 
8 % (afgerond)Pfffft!
8 % (afgerond)Oh!

Tussenwerpsels (ook uitroepe genoem) word gebruik om verbasing, blydskap, hartseer, pyn, ensovoorts uit te druk.
Die Engelse "oh!" word in Afrikaans "o!".
Sien ook die bladsy Tussenwerpsels.



Ek moet die ........ om drieuur gaan spreek.
71 % (afgerond)slegs professor 
20 % (afgerond)Professor of professor
4 % (afgerond)slegs proffessor
5 % (afgerond)slegs Professor

Indien 'n eienaam in 'n aanspreek- of aanhefvorm bygevoeg word, begin die aanspreek- of aanhefvorm met 'n kleinletter (AWS 9.5). Waar sulke vorme nie as aanspreekvorme gebruik word nie, word dit met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



TOTAALRESULTAAT:
70% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties