25 DES (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 25-12-2025 só ingevul:
Die voorsitter sal volgende week se vergadering ........ .
af las afgelas aflas
Die werkwoord "afgelas" beteken 'om iets op te hef'. Volgens WAT word "afgelas" in alle werkwoordtye gebruik: Hy het die vergadering afgelas, sy gelas die vergadering af, hy sal die vergadering afgelas. In Nederlands is die infinitief "afgelasten".
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Die huis is ........ omdat die eienaar bankrot verklaar is.
opgefyl opgevuil opgevyl opgeveil
Ons kry die woord "veil" ook in die woord "veiling" waar goedere "opgeveil" word.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
Die nuwe ........ het reeds groot suksesse behaal om vermeende renosterstropers vas te trek.
renosterteenstropings-opleidings eenheid renosterteenstropings opleidingseenheid renosterteenstropings opleidings eenheid renosterteenstropingsopleidingseenheid
Die “s”-verbindingsklank kom feitlik altyd voor waar die eerste woord in ʼn samestelling op “-ing”, “-skap”, “-heid” en “-(i)teit” eindig. Ander voorbeelde sluit in: “gemeenskapsforum”, “veiligheidshek” en “identiteitskrisis”. Woorde met verbindingsklanke word vas geskryf.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
Isebel se handsak is van ........ gemaak.
suedé suede suéde suède
Vreemde woorde behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm, ook in samestellings.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)