25 DES (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 25-12-2025 só ingevul:
Die land het hierdie somer reeds vier ernstige ........ beleef.
hitte golwe hittegolwe hittegolfs hitte golwens
ʼn Samestelling (“hittegolwe”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“hitte” en “golwe”) bestaan en saam een ding beteken. Gewoonlik word naamwoorde in samestellings vas geskryf, maar ander voorbeelde soos samestellende samestellings kom ook voor. Samestellings moet altyd vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Ek ........ saans op my tande as ek slaap.
kners knêrs knars
Die klank [ε] in die woord "kners" is wel in ’n geslote lettergreep, maar die woord eindig met meer as een konsonant, daarom word dit nie met ’n kappie geskryf nie (AWS 10.2a).
Sien ook die bladsy Gravis-/akuutteken.
Uitdrukking: Van die begin tot die ........ .
stert middel einde end
Die uitdrukking "van die begin tot die end", beteken 'van aanvang tot voltooiing'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
ʼn Inwoner van Japan is 'n ........ .
Japanni Japaniër Japanner Japanees
Iemand wat van Japan kom, word ʼn "Japanner" of "Japannees" (met twee n'e) genoem. In die AWS is ʼn omvattende lys van buitelandse geografiese name met afleidings.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)