Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 23-12-2025 (vlak 2)



vorige toets 23 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 23-12-2025 só ingevul:



Ek hou van daardie restaurant met die kaggel; dit is ........ as die een daarsonder.
2 % (afgerond)meer knusser
10 % (afgerond)meer knus
1 % (afgerond)mees knusser
87 % (afgerond)knusser 

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “knus”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “knusser” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die knusste”.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Die kind lyk ........ in daardie klere wat te groot is vir hom.
2 % (afgerond)potsuurlik
potsuurluk
96 % (afgerond)potsierlik 
1 % (afgerond)potsierluk

As gevolg van oorronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “potsuurlik” in plaas van die korrekte “potsierlik”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.



Die ........ is een van Rembrandt se bekendste werke.
68 % (afgerond)Anatomieles 
3 % (afgerond)anatomie les
9 % (afgerond)Anatomie les
19 % (afgerond)anatomieles

Indien soortname as eiename gebruik word ("Anatomieles"), begin dit met ʼn hoofletter (AWS 9.3).
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



'n Sinoniem vir die woord "dooier" is ........ :
1 % (afgerond)gevrieste
4 % (afgerond)bevrore
82 % (afgerond)eiergeel 
13 % (afgerond)meer dood

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties