Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 23-12-2025 (vlak 1)



vorige toets 23 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 23-12-2025 só ingevul:



Ek het gis nodig om brood te bak.
Wat is die woordsoort van "gis" in bostaande sin?

1 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
94 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
1 % (afgerond)bywoord
4 % (afgerond)werkwoord

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “gis - die gis – giste”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Die afgevaardigdes woon die ........ in Turkye by.
99 % (afgerond)byeenkoms 
by-eenkoms
bei-eenkoms
beiëenkoms

Wanneer vokale langs mekaar staan wat tot verskillende lettergrepe behoort nie leesbaarheidsprobleme veroorsaak nie, is ’n koppelteken nie nodig nie, byvoorbeeld "byeenkoms", "naywer", "sakeagenda", "vakansieoord" AWS 12.1a).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Ek praat nie baie ........ nie.
16 % (afgerond)engels
84 % (afgerond)Engels 

Taalbenamings begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Taalbenamings.



Idioom: Liewer ........ Jan as dooie Jan.
91 % (afgerond)bang 
4 % (afgerond)lewende
5 % (afgerond)mooie

Die idioom "liewer bang Jan as dooie Jan", beteken 'liewer lafhartig as dood'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
92% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties