19 DES (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 19-12-2025 só ingevul:
Die druk in die ........ was te groot en het 'n ontploffing veroorsaak.
vloeibaresuurstoftenk vloeibare suurstof tenk vloeibare suurstof-tenk vloeibare suurstoftenk
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "vloeibare" + selfstandige naamwoord "suurstof") en ʼn selfstandige naamwoord "tenk". Indien 'n mens "vloeibare suurstoftenk" sou skryf, beteken dit dat die tenk vloeibaar is.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Hierdie middel genees alle skete en pyne. Wat is die woordsoort van "genees" in bostaande sin?
oorganklike hoofwerkwoord onoorganklike hoofwerkwoord gangbare hoofwerkwoord oorgangshoofwerkwoord
In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Hierdie middel genees alle skete en pyne. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Wat noem ons iemand wat sakeondernemings (dikwels kleinsake) oprig?
entrepeneur entrepreneur entripeneur entepreneur
Die woord "entrepreneur" hou verband met die Oudfranse woord "entreprendre" wat 'onderneem' beteken.
Sien ook die bladsy Persoonsvorme.
Ek het ........ as module op universiteit geneem.
beginners Spaans Beginnersspaans Beginnerspaans beginners-Spaans
In 'n saamgestelde taalbenaming wat sonder 'n koppelteken vas geskryf word, begin slegs die samestelling met 'n hoofletter en nie ook die basiese taalbenaming nie.
Sien ook die bladsy Taalbenamings.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)