Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 19-12-2025 (vlak 2)



vorige toets 19 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 19-12-2025 só ingevul:



Die pasiënt word in ........ gehou.
100 % (afgerond)isolasie 
iesolaasie
iesolasie
isolaasi

Woorde van Romaanse of Klassieke herkoms waar die [i]-klank in ’n oop binnelettergreep staan, word met ’n “i” geskryf (AWS 16.11); in woorde van Romaanse of Klassieke herkoms waar die [i]-klank in ’n geslote lettergreep of aan die einde van die woord staan, skryf ons met “-ie”.
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Varke op die plaas hou net nooit op ........ nie.
1 % (afgerond)blaas
hoes
98 % (afgerond)snork 

Varke snork, makoue blaas en kangaroes hoes.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.



As deel van ons ........ wil ons die maatskappy uitbrei.
1 % (afgerond)lang termynbeplanning
lang termyn beplanning
93 % (afgerond)langtermynbeplanning 
6 % (afgerond)langtermyn beplanning

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "lang" + selfstandige naamwoord "termyn") en ʼn selfstandige naamwoord "beplanning".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Die woord "sport" in die volgende sinne is 'n ........ .
Marie moet elke dag die kinders vir hul sport rondry.
Die verwer wat die dak verf, staan op die boonste sport van die leer.
86 % (afgerond)homoniem 
1 % (afgerond)sinoniem
12 % (afgerond)homofoon
1 % (afgerond)antifoon

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “sport” (‘liggaamsbeweging’) en “sport” (‘trap van 'n leer’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



TOTAALRESULTAAT:
94% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties