Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 18-12-2025 (vlak 3)



vorige toets 18 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 18-12-2025 só ingevul:



Wat is die meervoud van "kolonel-generaal"?
6 % (afgerond)kolonels-generaals
13 % (afgerond)kolonelle-generaal
75 % (afgerond)kolonels-generaal 
6 % (afgerond)kolonels-generale

'n "Kolonel-generaal" is 'n spesifieke soort kolonel en daarom word die meervoud op "kolonel" gevorm.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Dit lê op die ........ van my belangstelling.
1 % (afgerond)perriverie
5 % (afgerond)periverie
88 % (afgerond)periferie 
7 % (afgerond)perriferie

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Een van die belangrike sondebokke is "f/v".
Die betekenis van "perifeer" is 'nie sentraal', 'aan die buitekant'. Die "periferie" is die 'buiterand', of in meetkunde beteken die woord 'sirkelomtrek'.

Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Dit was so besig, daar was nie eens kans vir ........ nie.
11 % (afgerond)asem skep
89 % (afgerond)asemskep 
asem-skep

Wanneer 'n naamwoord plus 'n werkwoord betekenisverdigting ('n woordgroep wat met verloop van tyd 'n gespesialiseerde betekenis verkry het wat verskil van die oorspronklike groep) ondergaan het, word die verbinding vas geskryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



Op hierdie foto's kan jy vier geslagte sien; hier is my ma, my ouma, my oumagrootjie en my ........ .
20 % (afgerond)oeroumagrootjie
44 % (afgerond)agteroumagrootjie
36 % (afgerond)ooroumagrootjie 

Die ouma van jou ouma is jou "ooroumagrootjie".
(Bron HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
72% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties