16 DES (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 16-12-2025 só ingevul:
Studente behoort graag aan die ........ .
slegs studente-unie studenteunie of studente-unie slegs studenteünie slegs studenteunie
As 'n opeenhoping van dieselfde of verskillende vokaalletters tussen dele van samestellings meebring dat die woord verkeerd gelees kan word, word 'n koppelteken tussen die dele geplaas.
Sien ook die bladsy Vokaalopeenhoping.
Ek dra net ........ herinneringe van jou in my hart.
soete soet
Byvoeglike naamwoorde wat net uit een lettergreep bestaan, kry gewoonlik nie die "-e" in die attributiewe posisie nie. Wanneer dit wél verbuig word, het dit dikwels 'n figuurlike betekenis. Byvoorbeeld: "Maudie is 'n soet dogtertjie" teenoor "Ek dra net soete herinneringe van jou in my hart."
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Die wenner van die Herzogprys vir prosa in 2022 is ........ vir die boek "Dol heuning".
S.J. Naudé Breyten Breytenbach Antjie Krog Marlene van Niekerk
Die skrywer S.J. Naudé het ook in 2019 die prys gewen vir sy boek "Die derde spoel". Ná sy bedankingstoespraak het hy een van die lede van die Akademie vir Wetenskap en Kuns, wat die prys uitdeel, Hennie van Coller, oor die vingers getik oor opmerkings wat Van Coller in die pers oor sogenaamde randfigure gemaak het. Dit het uiteindelik tot Van Coller se bedanking gelei.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Oe, meisie, daardie handsak van jou is baie avant-garde! Die woord "avant-garde" beteken ........ .
blink en skitterend oudmodies voor sy tyd prakties
Die Franse leenwoord "avant-garde" beteken letterlik 'voorste linie' en het oorspronklik verwys na die soldate wat voorgeloop het in ʼn geveg. Omstreeks 1910 is dit in Engels gebruik om na kunstenaars te verwys wat voor hulle tyd is; sedert 1925 word dit ook as 'n adjektief gebruik. (Bron: Etymonline)
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)