Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 04-12-2025 (vlak 2)



vorige toets 04 DES Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 04-12-2025 só ingevul:



Suurstof is 'n soort gas.
Ek kry vanaand besoek van 'n gas.
Die woord "gas" in bostaande sinne is 'n voorbeeld van 'n ........ .
1 % (afgerond)sinoniem
1 % (afgerond)antifoon
10 % (afgerond)homofoon
88 % (afgerond)homoniem  

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “gas” (‘'n stof soos lug’) en “gas” (‘iemand wat 'n mens besoek’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



Tijmen is die ........ vent wat ek ken. Dit is onmoontlik om les te gee met hom in die klas.
44 % (afgerond)slegs ongepoetsste
3 % (afgerond)slegs mees ongepoetsste
20 % (afgerond)slegs mees ongepoetste
33 % (afgerond)mees ongepoetste of ongepoetsste 

Volgens HAT kan die trappe van vergelyking van die woord "ongepoets" op twee maniere gevorm word - "ongepoets, meer ongepoets, die mees ongepoetste" of "ongepoets, ongepoetser, die ongepoetsste".
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



James reis nie graag deur ........ nie.
84 % (afgerond)Wes-Europa 
1 % (afgerond)wes Europa
Weseuropa
15 % (afgerond)Wes Europa

By meerledige geografiese name, hetsy los of met 'n koppelteken vas geskryf, begin elke deel van die naam met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Die bankrowers het ʼn motor gekaap.
Wat is die woordsoort van die woord "gekaap" in bostaande sin?
12 % (afgerond)oorgangshoofwerkwoord
13 % (afgerond)onoorganklike hoofwerkwoord
3 % (afgerond)byvoeglike hoofwerkwoord
72 % (afgerond)oorganklike hoofwerkwoord 

In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Die bankrowers kaap 'n motor. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik, byvoorbeeld: Die bankrowers kaap oral waar hulle gaan. 'n Mens kan dit maklik vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Hoe?" na die werkwoord is.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
69% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties